Welkom

 

Meeste Basothos in die Lesotho hooglande is onbereik !

Lesotho bestaan uit berge, berge en nog berge met glashelder stroompies wat deur die klowe afloop, en riviere wat deur die valleie en canyons sny. Met reëntyd is die sagte berghange lower groen.
 
bfj51
 
Weersomstandighede in die hooglande van Lesotho is meesal koud en winderig weens die hoë berge wat hoogtes van 3482m bo seevlak kan bereik. Sneeu kan feitlik enige tyd van die jaar op die hoë pieke voorkom. Wintertyd sneeu dit gereeld tot in die laer dele. In die somer hael dit maklik tydens donderstorms wat temperature snags onder vriespunt kan laat daal. Meeste Basothos in die hooglande dra ‘n kombers en word hulle sodoende die kombersmense genoem. Lewe in die hooglande van Lesotho is uiters taai, maar die mense hier verruil dit vir niks anders nie.
 
 
Slegs enkele paaie gaan die berge in, waarvan meesal 4x4 roetes is. Dit maak dat die meeste Basotho gemeenskappe (villages) in die berge baie afgeleë is. Hierdie gemeenskappe kan slegs te voet of met ‘n perd bereik word.
 
Basothos op afgeleë plekke in die hooglande is nog eg tradisioneel. Hulle is baie vriendelik en gasvry. Vanweë hulle moeilike en karige lewensbestaan, is hulle genoodsaak om in hegte vriendskaps verhoudings met mekaar saam te leef. Hulle het altyd tyd vir mekaar, dag en nag. Hulle leef vir mekaar en sal altyd met mekaar deel.
 
 
Wynig Basothos in die hooglande lewe in ‘n persoonlike verhouding met Jesus. Die res van hulle het die lewegewende, verlossings en helende werk van Jesus dringend nodig ! Die evangelie van Jesus kom by wynig van hulle uit weens die uiters moeilike terrein en weersomstandighede waarmee sendelinge te kampe het. Baie van die herders wat na hulle families se kuddes omsien, bly ongeletterd. Om sendelinge se uitreike werklik effektief te maak, moet hulle dus van Sesotho boodskappe met meegaande visuele materiaal gebruik maak.
 
Deur ons Vader se Genade beleef ons groot seën op ons uitreike na die kombersmense. Kosbare verhoudings word met elke uitreik gebou en rol die goeie nuus van Jesus soos ‘n sneeubal, al grooter en vinniger. Loof Jesus !!

 

 

Last Updated (Thursday, 24 June 2010 08:29)

 
Verse of the Day
Romans 15:5-6
“Now may the God Who gives the power of patient endurance (steadfastness) and Who supplies encouragement, grant you to live in such mutual harmony and such full sympathy with one another, in accord with Christ Jesus, That together you may [unanimously] with united hearts and one voice, praise and glorify the God and Father of our Lord Jesus Christ (the Messiah).”

Brought to you by BibleGateway.com. Copyright (C) AMP. All Rights Reserved.